Die jaarlikse George Merino en Dohne Merinos Kudde Evaluering vind plaas op Vrydag die 30 Augustus om 10.00 Hierdie dag word vir die 38 ste jaar aangebied en wat n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om hierdie dag so goed te ondersteun. Die dag word gereel deur BKB in samewerking met NWKV – Caledon, wat elke kliënt die dag van die nuutste inligting voorsien rakende sy skaap boerdery om maksimum potensiaal te bereik, bespreek. Daar sal vanjaar 10 deelnemers van regoor die streek wat 8 ooi lam of 2 Tand ooie bring om ge – evalueer te word. Die woleienskappe soos Kwaliteit , Egaligheid , Olie , Lengte asook Onderlyne van elke ooi word bespreek en gepunt . Bouvorm eienskappe soos Kop , Voorkwart , Middellyf , Agterkwart , Bene , Vroulikheid asook Eenvormigheid word bespreek en gepunt. Hierdie dag word afgesluit met n skeerdemonstrasie 14.30 deur die privaat skeerspan van Bakoena te Riversdal wat Gerhard du Toit BKB Vesels Organiseerder gereel word.

Skape program 2024 Skou Read More »