Gryse-jeug

Elke Senior Burger (Gryse Jeug) is waardevol

Elke jaar bederf George Landbou Skou Raad ons Senior burgers (Gryse Jeug). Die geleentheid gebeur net een keer per jaar en dit is tydens die jaarlikse George Landbou Skou en gewoonlik op die eerste dag van die skou en die jaar is daar geen uitsondering nie.

Elke Senior Burger (Gryse Jeug) van oral in en om George word genooi vir die lekker bederf.

In 2019 het ons twee kunstenaars, naamlik Andriette Norman en Michael Lindt gehad wat ons Gryse Jeug bederf het, daarmee saam was keurige versnapperings en ook gelukstrekkings.

Vir al die bederf en ingang by die George Landbou Skou vir die dag was dit net R20.00 per persoon,

Borg nou jou Oupa/Ouma/Pa/Ma of sommer die een wat dit nie kan bekostig nie vir 2020

Christo Fourie

Vise-President

079 285 0337

vise-president@georgelandbouskou.co.za

Entertainment, Music
Farm Workers Competition
Stalls, Bar
Marketing