Jeugskou

George Jeugskou vind vanjaar plaas op 29 Aug te George Landbouskou terrein. George Jeugskou is een van die Jeugskoue in die Weskaap wat streekskou status het. ‘n Streekskou beteken dat die wenners punte kan verdien om na die WP Kampioenskappe genooi te kan word vir die kies van die WP span wat dan weer op SA Kampioenskappe teen ander provinsies deelneem.

Ons skou vanjaar in vyf kategorieë nl Vleisbees,Suiwelbees, Wolskaap, Vleisskaap en Veselbok. Sewe en veertig deelnemers het ingeskryf van sover as Riversdal en Oudtshoorn. Daar word in drie ouderdomsgroepe deelgeneem nl .jnr jnr /10. Jnr /14 en snr/18. Jeugskou is ook een van die min sportsoorte waar seuns en dogters op gelyke voet met mekaar kompeteer. Net die skouman word beoordeel en nie die dier nie.
Kontak Jurie 082 333 6646

Terugblik