George Landbouskou

President Verslag 2021

1. Algemene Oorsig:
As ons nou gedink het dat 2020 met die uitbreek van Covid vir ons ‘n moeilike jaar was, dan het ons nie  geweet waarvoor ons in is met 2021 se verrassings nie. Nie alleen moes ons ons Wintermark asook ons Augustus maand skou kanselleer agv volgehoue  inperkingsvlakke deur die Regering nie, maar het ons ook 3 van ons raadslede en vriende moes afstaan aan die dood. Die feit dat ons hierdie raadslede verloor het, het ‘n groot leemte gelaat en het die bestuur van die skou ekstra moeilik gemaak en oneindig baie druk op my as President geplaas. Ons het om fondse te bespaar in ‘n moeilike Covid tyd ook in 2021 sonder ‘n sekretaresse oor die weg gekom, maar ons sal beslis in 2022 moet begin om weer ‘n sekretaresse, selfs net vir 3 dae per week, in ‘n halfdag pos aan te stel.

 

 

Ten spyte van al die moeilike omstandighede, het ons daarin geslaag om ons deure oop te hou en het ons ook nuwe huurders gewerf, nuwe projekte soos die Merry Go Round wat vir ‘n maand

op ‘n slag staan aangepak asook die movie nights begin. Dit lyk ook of dinge nou begin normaliseer en ons begin darem nou weer ons sale ook vir funksies verhuur.

2. Portefeuljes:
Met die groot verlies wat ons gely het met die afsterwe van 3 van ons raadslede, is een van ons
grootste uitdagings tans om hierdie vakante portefeuljes te vul. Ek het verskeie pogings
aangewend om die volgende portefeuljes aan te vul:

  • Melkbeeste
  • Vleisbeeste
  • Perde

Ons het derhalwe ook 2 Dagbestuurslede verloor en het intussen 1 nuwe Dagbestuur lid aangestel en sal binnekort die 2de persoon aanstel.

‘n Verdere uitdaging is die feit dat ons ook ons Vise-President verloor het. Omdat die Vise-
President en die President besonder nou saamwerk en mekaar moet aanvul en baie ekstra ure
en opofferings moet insit, is dit moeilik om so ‘n persoon sommer so te vervang.

3. Terrein uitleg
Omdat ons groot en baie komplimente ontvang het vir die nuwe terrrein uitleg asook terrein plan van 2019, is dit my voorstel dat ons die terrein uitleg vir 2022 net so sal hou.

4. Computicket
Ons het in 2019 vir die eerste keer van Computicket gebruik gemaak om vir ons te help met
kaartjieverkope online sowel as by die hekke. Dit het vir ons ekstra blootstelling met advertensie in alle Shoprite/Checkers winkels regoor die Wes-Kaap gegee. Dit het verder vir ons ‘n baie meer professionele aanslag met kaartjieverkope gegee en stel ons in staat om presiese ontledings van kaartjieverkope en besoekersgetalle te kan gee. Dit is my voorstel dat ons verseker in 2022 weer van Computicket gebruik sal maak.


Omdat ons nie in 2020/2021 ‘n skou aangebied het nie, heg ek weer 2019 se Computicket statistieke vir u aan.

TOTAL SALES PER SALE DATE – Hoeveel kaartjies per dag verkoop is vanaf julle oopgemaak het by Computicket.

5. Swak en goeie punte vir 2021:

Swak punte:

  • Covid 19 wat gepaard gegaan het met “lock down” wat veroorsaak het dat ons nie kon skou in
    2021
  • Ons het in 2021 3 raadslede aan die dood afgestaan

Goeie punte:

  • Grootste goeie punt is dat ons die baie moeilike 2020/2021 sover oorleef het
  • Borge wat by ons gestaan het deur dik en dun

6.Waarheen is ons op pad in 2022?
Met die besondere goeie basis wat die Raad vir hulself gebou het in 2019 kan dit net nog beter gaan met ons in 2022. Ons het reeds by verskeie ander skoue gaan kers opsteek en met die oog gesteel om 2022 meer uniek te maak en die George  Landbouskou tot groter hoogtes te lei. Ons is besig om ons reg te kry om vir 2022 ‘n groter en beter skou as in 2019 aan te bied en vir ons  gemeenskap nog meer te kan beteken.

Een van die grootste uitdagings vir my as President van die George Landbouskou is die feit dat ek die heeltyd met verskillende mense werk (of dit nou huurders, borge, personeel of Raadslede is). Dit beteken dat elkeen van hulle verskillend oor dinge dink, verskillend oor dinge voel en baie kere ook met hulle eie emosionele oorwegings na sekere situasies kyk. Derhalwe is dit my plig om altyd te poog om almal in ag te neem en na hulle te luister, maar op die einde van die dag besluite te neem en die Skou so te bestuur dat dit altyd tot voordeel van die George Landbouskou/Outeniqua Skougenootskap sal wees. U sal dus verstaan dat ek nie “n people’s pleaser” kan wees nie. Baie dankie aan elkeen van my Raadslede vir jul onbaatsugtige opofferings in 2020/2021. Sonder julle sou ons verseker nie hierdie wa deur die drif kon kry nie. ‘n Meer spesiale woord van dank aan elke Raadslid se eggenoot/eggenote vir jul bystand, hulp en ondersteuning.

CORNé BOTHA
PRESIDENT: GEORGE LANDBOUSKOU

Scroll to Top