Meer oor ons
Oor ons
Die George Landbouskou is die vlagskipgeleentheid van die Outeniqua Skougenootskap en een van die bekendste jaarlikse landbougeleenthede in die Suid-Kaap.
Die Outeniqua Skougenootskap is in 1861 gestig en die eerste landbouskou is in Februarie 1862 aangebied.
Hierdie geskiedenis strek oor generasies van boere, produsente, families, gemeenskapsleiers, uitstallers en vrywilligers wat saamgebou het aan ’n instelling wat vandag steeds ’n belangrike rol in die streek speel.
165 JAAR VAN TRADISIE
Reeds in 1859 het die destydse goewerneur, Sir George Grey, staatsfondse goedgekeur waarvan £300 aan sogenaamde “Big Shows” toegeken is.
Vandag bly die George Landbouskou ’n “groot skou” – ’n dinamiese gebeurtenis waar landbou, gemeenskap, handel, opvoeding en vermaak saamkom.
Die skou het deur die dekades verander en gegroei, maar die kernfokus bly dieselfde:
Om landbou te bevorder, gemeenskap te bou en toekomstige generasies aan die wêreld van landbou bloot te stel.
ONS VISIE
Om die George Landbouskou verder uit te bou as ’n toonaangewende landbou- en gemeenskapsgeleentheid in die Suid-Kaap en Tuinroete.
ONS MISSIE
Ons streef daarna om:
- landbou sigbaar en toeganklik te maak;
- produsente en die publiek nader aan mekaar te bring;
- kinders aan landbou en plaasdiere bloot te stel;
- plaaslike ondernemings te ondersteun;
- gemeenskapsdeelname te bevorder;
- ’n platform vir kennisdeling te skep;
- tradisie met vernuwing te kombineer.