George Landbouskou

Skaap Afdeling

George Skou Kudde Evaluering 2023

deur Pieter Auckamp
Die jaarlikse George Merino en Dohne Merino Kudde Evaluering wat plaasgevind het tydens George Skou op Vrydag die 25 Augustus was nogmaals ‘n groot sukses. Hierdie kudde dag is nou vir die 37 ste keer aangebied en dit was ‘n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere. Ons is dankbaar vir die goeie ondersteuning om hierdie dag so
suksesvol te maak.

Daar was weer twee groepe onder beoordeling (Merino en Dohne Merinos) en 10 deelnemers het elk 8 ooi lam of 2 Tand ingeskryf wat vooraf uitgesoek was op plase.
Die Evaluering tussen deelnemers was vanjaar weer baie sterk en die punte veskil tussen die ooie was min.

Die Merinos was beoordeel deur Corne Nel ( BKB Bestuurder Vesels Sentrale Streek) en die Dohnes beoordeel deur Giepie Calldo van BKB. Die verwerking van punte was deur Jannie Fourie ( NWKV — Caledon )

Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB was betrokke met die reelings en Gerhard Du Toit BKB Vesels Organiseerder in die steek, het toegesien dat ‘n privaat Skeerspan van Bakoena ‘n skeerdemonstrasie aangebied het. Dit was ‘n wonderlike afsluiting van ‘ baie suksesvolle dag.

Baie dankie aan al die borge , deelnemers en personne betrokke by die geleentheid, sonder julle sal so ‘n dag nie moontlik wees nie.

Merinos
Algehele Wenner:
1 . Elri De Jager — Swartklip, Albertinia
2. Willem en Willie Oosthuizen — Moreson, Albertinia
3. Cavert Barkhuizen — Aorta Bdy , Noll

Beste Ooi :
1 . Willem en Willie Oosthuizen — Moreson , Albertinia

Beste Wol
I . Willem en Willie Oosthuizen — Moreson , Albertinia

Beste Bouvorm
1 . Elri De Jager — Swartklip , Albertinia

Beste Kortwol groep
I . Elri De Jager — Swartklip , Albertinia

Dohne Merinos
Algehele Wenner
1 . Thys en Petra Du Toit — Misgunst , Mosselbaai
2. Ilza Pienaar- Kleinberg , Mosselbaai
3. Willie Kleinhans — Modderfontein , Riversdale

Beste Ooi :
1. Ilza Pienaar — Kleinberg , Mosselbaai

Beste Wol
1. Ilza Pienaar — Kleinberg , Mosselbaai

Beste Bouvorm
1 . Thys en Petra Du Toit — Misgunst , Mosselbaai

Beste Kortwol Groep
1. Thys en Petra Du Toit — Misgunst , Mosselbaai

 

Groep foto van die wenners asook al die deelnemers en borge
Die wenner Beste Dohne Merino Ooi van Links : Giepie Calldo – BKB en Beoordelaar ; Bennie Pienaar — Kleinberg , Mosselbaai ; Ilza Pienaar — Kleinberg , Mosselbaai.
Wenner Beste Dohne Ooi ; Deacon Jantjies vashouer van Kleinberg , Mosselbaai en Corne Nel — BKB Bestuurder Vesels Sentrale Streek en Beoordelaar.
Die wenner Beste Merino Ooi Van Links : Giepie Calldo — BKB en beoordelaar ; Willie Oosthuizen — Moreson Bdy. Albertinia ; Deacon Jantjies vashouer van Kleinberg , Mosselbaai ; Willem Oosthuizen , Moreson Bdy, Albertinia. Wenner van Beste Merino Ooi en Corne Nel — BKB Bestuurder Vesels Sentrale Streek en Beoordelaar.
Scroll to Top