George Landbouskou

Skaap Kompetisie

Die George Outenique skou wat vanjaar weer na 2 jaar as gevolg van Covid  aangebied kon word, was weereens ń groot sukses gewees.

Hierdie dag was ook vir die 36 ste keer aangebied en wat ń wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om onder moeilike omstandighede hierdie dag so goed te ondersteun.

Daar was weer twee groepe onder beoordeling ( Merinos en Dohne Merinos) en 9 deelnemers het elk 8 ooie lam of 2 Tand ingeskryf wat vooraf uitgesoek was op plase.

Die kompetisie tussen deelnemers was vanjaar baie sterk en die punte verskil was min tussen die ooie.

Die Dohnes was beoordeel deur Corne Nel BKB Bestuurder Vesels Sentrale Streek van Beaufort – Wes en die Merinos beoordeel deur Giepie Calldo van BKB. Die verwerking van punte was deur Jannie Fourie NWKV – Caledon gedoen.

Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB Mosselbaai / Riversdal het gehelp met reëlings en Gerhard Du Toit  BKB Vesels Organiseerder in streek toegesien dat privaat skeerspan ń suksesvolle skeerdemonstrasie kon aanbied die dag afgesluit wat almal baie geniet het.

Die uitslae was soos volg:

Merinos
Algehele Wenner: 1. Elri De Jager – Swartklip, Alberinia.
2. Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold.
3. Cavert Barkhuizen – Aorta Bdy. , Noll.

Beste Ooi : Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold.
Beste Wol : Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold.
Beste Bouvorm : Elri De Jager – Swartklip , Albertinia.
Beste Kortwol groep: Elri De Jager – Swartklip , Albertinia.
Beste Vordering : Cavert Barkhuizen – Aorta Bdy. , Noll.

Dohnes Merinos

Algehele Wenner : 1. ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai.
2. Henry Meyer – Pleasant View , Hartenbos.
3. Gerrit Grobler – Droogevalley , Albertinia.

Beste Ooi : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai.
Beste Wol : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai.
Beste Bouvorm : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai.
Beste Kortwol groep : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai.
Beste Vordering : Henry Meyer – Pleasant View , Hartenbos.

Baie dankie aan al die borge, deelnemers en persone betrokke wat gehelp het om hierdie dag so groot sukses te maak.

Van links : Bennie en ILza Pienaar wenners van Dohne Merinos en Beste Ooi en Gus Du Toit Jnr.wenner van Merino beste ooi.
Voor Links : Gerrit Grobler ( Droogevalley – Albertinia ) ; Pieter Reynolds ( Langkloof Plase – Herold ) ; Cavert Barkhuizen ( Aortha Bdy. – Noll ) ; Jurie Wessels ( Zoetis ) ; Minke de Jager ( Swartklip – Albertinia ) ; André de Jager ( Swartklip – Albertinia ) ; Elri de Jager ( Algehele Wenner Merinos , Swartklip – Albertinia ) ; Corné Nel ( BKB Bestuurder Vesels Sentrale Sreek ) ; ILza Pienaar ( Algehele Wenner Dohne Merinos , Kleinberg – Mosselbaai ) ; Pieter Aucamp ( BKB Skaap en Wol Adviseer ) ; Bennie Pienaar ( Kleinberg – Herold ) ; en Hennie Senekal ( BKB Lewende Hawe ).
Voor sit Gus du Toit Jnr. ( Grootfontein – Herold ) en die vashouer Isaac Rautenbag ( Swartklip – Albertinia ) .
Scroll to Top