George Landbouskou

DIE MOOI VERHAAL WAT NIE VERTEL WORD NIE, MAAR…

Ons hele lewensverhaal is een van mededinging en kompetering.

Baie mense het vermoëns van die liewe HERE ontvang wat hulle mededingend en kompeterend maak, maar ongelukkig is daar mense wat nie hierdie vermoë of gawe ontvang het nie, wat GOD alleen verstaan.

Ons kyk maklik verby hierdie mense, maar oor verskillende redes, wat kan wissel van selfsug tot bloot onoplettenheid of bloot omstandighede.

Een van ons 4 beoordelaars het egter iemand wat nie hierdie vermoëns ontvang het nie, opgemerk en ‘n plan gemaak om vir hierdie persoon ook ‘n prys te gee. Een van die groot rosette was verkeerd gedruk en ‘n stuk is afgeknip wat net gelees het, “BESTE”.

Hy het dit toe op Heyn Lourens se hok gehang wat sy boschvelder kom skou het. Heyn wat verstandelik gestrem is, is egter gewillig en passievol en het tydens die duur van die skou water en kos gegee, met groot ywer.

Glo my, Heyn se dag was gemaak met hierdie rosset en moontlik sal dit een van die groot hoogtepunte in sy lewe wees.

…MAAR…, KOM ONS VERTEL DIT HIERDIE KEER

Scroll to Top