George Landbouskou

LANDBOUSKOU 2020 – GEORGE:

Daar word vanjaar ‘n groot poging aangewend met ‘n ten toonstelling wat werklik van onskatbare waarde sal wees vir die skougangers.  Ons poog om ongeveer 20 tot 30 trekkers, met implemente, uit te stal, asook demonstrasies op terrein agter die Ovaalbaan te doen. Voorts, met die jaar 2020, gaan ons ook poog om 20 enjins met 20 implemente aangedryf deur genoemde enjins, ten toon te stel.  Waardevolle implemente wat moontlik deel sal uitmaak van die uitstalling, sal onder andere  wees ‘n outydse dorsmasjien, ‘n gerfbinder, ‘n stampbaler, sleep-ploeë en ‘n sleep-ripper. Ander interessanthede sal wees ‘n hout draaibank, ‘n tuie-bank, ‘n hand tabak- kerwer en verskeie kleinere erfenis items. Ons groot droom is om in die jare wat voorlê osse te laat afrig deur een van ons lede (Roelof) en vir die publiek te wys hoe daar vroeër jare grondvoorbereiding gedoen is  met ‘n span osse, ten einde voedsel op ons voorgeslagte se borde te plaas.

Ons nooi u uit om gerus ons uitstalling hier by die George Landbou Skou te besoek.

Veteraangroete!

Christo Fourie

Vise-President

079 285 0337

vise-president@georgelandbouskou.co.za

Entertainment, Music
Farm Workers Competition
Stalls, Bar
Marketing

Scroll to Top