George Landbouskou

Nasionale kampioenskappe word elke 2 jaar aangebied op verskeie bestemmings .

George Landbouskou en SA Jerseys bied aan SA Jersey Nasionale kampioenskappe 24 – 26 Augustus 2022.

Met oor ‘n 100 kwaliteit geregistreerde Jersey vroulike diere van reg oor Suid Afrika en ‘n BKB veiling van top aanteel Jersey vroulik – en manlike diere.

Die Jerseys gaan vertwoon word in ‘n wereld klas ring binne in ‘n tent met ‘n eksklusiewe / vip seksie vir ons telers en borge.

Verskeie lewendehawe verwante stalletjies kan besoek word binne in die tent.

Moet ook nie die Goue Koei klas misloop nie !!!


Saterdag 27 Augustus 2022

Vir die eerste keer in Suid Afrika bied George Landbouskou en SA Jersey ‘n skou werkswinkel aan.Ons wil graag meer skou bloodstelling aan ons jeug verskaf deur die werkswinkel en enige passievolle tou-leier / vertoner wat hul skou vermoens  bietjie wil opskerp die geleentheid gee.

Die Jersey koeie gaan gemelk word in ‘n moderene melkstasie wat aan George Landbou skou geborg word deur Waikato Suid Afrika .

Die Nasionale Kampioen tans is Aldemelk Tbone Vonnie wat in 2018 aangebied was, wie gaan die volgende kampioen wees …?

Mirtelize Kreuiter

084 627 0109

Suiwel
Jersey

Scroll to Top