George Landbouskou

George Landbouskou 2025: 38ste Jaar van Merino en Dohne Merino Kudde-evaluering

Die jaarlikse George Merino en Dohne Merino Kudde-evaluering, ‘n hoogtepunt op die George Landbouskou se kalender, vind plaas op Vrydag, 30 Augustus 2025, om 10:00. Hierdie gesogte geleentheid, wat nou al vir die 38ste jaar aangebied word, is ‘n bewys van die toewyding van die streek se skaapboere en hul ondersteuning vir hierdie belangrike dag.

Gereël deur BKB in samewerking met NWKV – Caledon, bied die dag aan elke klient waardevolle insigte en die nuutste inligting om hul skaapboerdery se potensiaal te maksimeer. Vanjaar sal 10 deelnemers van regoor die streek deelneem, elk met 8 ooilanmers of 2-tand-ooie wat geëvalueer sal word. Die beoordeling fokus op woleienskappe soos kwaliteit, egaligheid, olie, lengte en onderlyne, asook bouvorm-eienskappe insluitend kop, voorkwart, middellyf, agterkwart, bene, vroulikheid en eenvormigheid. Elke eienskap word deeglik bespreek en gepunt.

Die dag word afgesluit met ‘n skeerdemonstrasie om 14:30, aangebied deur die privaat skeerspan van Bakoena te Riversdal. Hierdie demonstrasie word gereël deur Gerhard du Toit, BKB Vesels Organiseerder, en beloof om ‘n insiggewende afsluiting vir die dag te wees.

Kom ondersteun hierdie trots vir die George Landbouskou en vier die toewyding aan uitmuntendheid in die skaapboerderybedryf!

Scroll to Top