George se gewilde jaarlikse landbouskou keer terug van 28 tot 30 Augustus en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die kalender te wees vir boere, gesinne en alle belangstellendes in die landbousektor. Hierdie ikoniese skou bied iets vir almal – van besigheid tot vermaak en alles tussenin.
George se gewilde jaarlikse landbouskou keer terug van 28 tot 30 Augustus en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die kalender te wees vir boere, gesinne en alle belangstellendes in die landbousektor. Hierdie ikoniese skou bied iets vir almal – van besigheid tot vermaak en alles tussenin.
Hoogtepunte van die skou:
Sakeontbyt met Dawie Roodt – Die skou skop op Donderdagoggend af met ‘n gesogte sakeontbyt waar die bekende ekonoom Dawie Roodt as gasspreker sal optree. Merk hierdie datum nou op jou kalender en moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Perdekompetisie – Die jaarlikse perdekompetisie vind plaas in die perde-arena en lok van die beste ruiters en perde in die streek. ‘n Moet-sien vir alle perdeliefhebbers!
Beeste- en melkbeestekompetisie – In die beestent kan besoekers uitsien na ‘n indrukwekkende vertoning van beesrasse en melkbeeste, waar telers meeding om die beste van die beste te kroon.
Skape-kompetisie – Die skaap-arena bied ‘n kompetisie vir skaapboere om hul beste diere ten toon te stel en deel te neem aan hierdie gesogte beoordeling.
Stock Cars Saterdag – Op Saterdagaand is daar adrenaliengevulde aksie met die gewilde stock car-wedrenne. Maak gereed vir ‘n opwindende aand vol spoed en aksie!
Musiek en vermaak – In die vermaaklikheidstent gaan daar ‘n magdom plaaslike en nasionale kunstenaars wees om besoekers te trakteer op topklas musiek en ‘n feestelike atmosfeer.
Stalletjies en toerusting – Soos gewoonlik sal daar baie kosstalletjies wees, asook algemene en industriële stalletjies. Motors, trekkers en plaastoerusting sal ook te sien wees.
Departement Landbou – Die Departement van Landbou sal soos gewoonlik ook teenwoordig wees om waardevolle inligting en advies te verskaf.
Hierdie is ‘n skou wat jy nie wil misloop nie!
Bring jou gesin en vriende vir ‘n naweek vol landbou, besigheid en pret. Ons sien jou daar!