George Landbouskou

Skape program 2024 Skou

Die jaarlikse George Merino en Dohne Merinos Kudde Evaluering vind plaas op Vrydag die 30 Augustus om 10.00

Hierdie dag word vir die 38 ste jaar aangebied en wat n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om hierdie dag so goed te ondersteun.

Die dag word gereel deur BKB in samewerking met NWKV – Caledon, wat elke kliënt die dag van die nuutste inligting voorsien rakende sy skaap boerdery om maksimum potensiaal te bereik, bespreek.

Daar sal vanjaar 10 deelnemers van regoor die streek wat 8 ooi lam of 2 Tand ooie bring om ge – evalueer te word. Die woleienskappe soos Kwaliteit , Egaligheid , Olie , Lengte asook Onderlyne van elke ooi word bespreek en gepunt .

Bouvorm eienskappe soos Kop , Voorkwart , Middellyf , Agterkwart , Bene , Vroulikheid asook Eenvormigheid word bespreek en gepunt.

Hierdie dag word afgesluit met n skeerdemonstrasie 14.30 deur die privaat skeerspan van Bakoena te Riversdal wat Gerhard du Toit BKB Vesels Organiseerder gereel word.

Scroll to Top