George Landbouskou

Ontdek die Hoogtepunte van die 2024 George Landbouskou!

Die jaarlikse George Landbouskou is weer op hande en beloof ‘n naweek propvol opwinding, vermaak, en landbou-avontuur vir die hele gesin!

Wanneer: 30 & 31 Augustus 2024
Waar: George Landbouskou, George

Die koel weer van Lente maak plek vir die warmte van geselligheid en die George Landbouskou is die perfekte plek om dit te ervaar.

Die volgende wag vir jou:
Musiekvertonings: Word betower deur die stemme van Armand Hofmeyr op Vrydagaand, 30 Augustus, en Riaan Benade op Saterdagaand, 31 Augustus 2024. Ons het ook ons “Oppie Stoep” kunstenaars wat deur die dag optree.

Dierevertonings: Bewonder pragtige beeste, perde, en hondeskou wat wys hoe trots ons is op ons landbou-erfenis.

Ovaltrack Vermaak: Op Saterdagaand, 31 Augustus, brul die enjinne op die ovaltrack terwyl jy die opwinding van die wedrenne beleef!

Stalletjies: Proe ‘n verskeidenheid van heerlike kos by ons kosstalletjies en ontdek ‘n wye reeks produkte by ons gewone stalletjies.

Uitstallers: Vir die liefhebbers van motors, trekkers, en implemente, is daar ‘n wonderlike geleentheid om nuwe en gebruikte items te ontdek by ons uitsallers.

Kaartjies: Koop nou jou kaartjies en maak gereed vir ‘n onvergeetlike naweek vol vertonings, pret, en lekker kos by die 2024 George Landbouskou!

Maak jou naweek spesiaal saam met ons by die 2024 George Landbouskou! Koop vandag jou kaartjies en mis nie hierdie opwindende geleentheid nie.

Sien jou daar!

Scroll to Top