George Landbouskou

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

George Landbouskou

Die Outeniqua Skougenootskap bestaan reeds 156 jaar en bied jaarliks een van die grootste en opwindendste landbouskoue in die Suid-Kaap aan.  Hierdie wonderlike gebeurtenis herhaal homself elke Augustusmaand op die George Skougronde en is ‘n hoogtepunt onder die boeregemeenskap.  In 2018 gaan ons groot, ons bied die Nasionale Jersey Kampioenskappe aan. Ons beplan ook meer betrokkenheid, meer programme en weereens vermaak wat die hele gesin gaan bederf.
 
Die George Landbouskou word jaarliks groter en die skouraad se besluit om intensief te fokus op die landbou en plaaslike gemeenskap is besig om vrugte af te werp. Elke jaar is daar meer betrokkenheid van die plaaslike inwoners asook belangstellendes van ver en wanneer ons meer spasie nodig het dan verwyder ons grensdrade en ploeg nog land oop, met nuwe of ou trekkers.  Maak  jouself ‘n koppie koffie en blaai rustig deur ons webtuiste. Hoe anders gaan jy saampraat as almal gesels oor die George Landbouskou?

 
Klim gerus deur die draad, die gras is definitief groener aan die kant…

Die 8-Span van Marius Kemp vat ons bietjie terug in tyd…

8-Span

Foto: Manie van der Hoven

Dankie aan almal wat bygedrae het tot die groot sukses van 2017 se skou.  Die openingsdag was koud en mislik, maar Vrydag en Saterdag se bywoning en deelname was alweer ‘n verbetering op die vorige jaar.  

In 2018 is ons tema “Vintage”, of “Antiek”, of kom ons sê sommer “Uit die oudedoos”. Landbou kom ‘n ver pad en alhoewel ons moderniseer om tred te hou met ‘n bevolkingsontploffing kan ons nie vergeet waar alles begin het nie.  Op die ou end van die dag kan niks en niemand bestaan as dit nie vir landbou was nie.  So baie dankie dat jy boer!

 

Facebook Link

Hou maar die webtuiste en ons Facebook blad dop, foto’s en inligting sal sporadies geplaas word.

 

Ons Programme vir 2018

 

 

 

 

 

Vrouedag

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]
Scroll to Top