George Landbouskou

George Merino en Dohne Merino Kudde Evaluering 2025 uitslae

Die jaarlikse Merino en Dohne Merino Kudde Evaluering wat plaasgevind het tydens George skou op Vrydag die 29 Augustus 2025 was weereens n groot sukses gewees. Hierdie kudde dag is nou vir die 38 ste keer aangebied en dit was n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere. Ons is dankbaar vir die goeie ondersteuning van deelnemers en borge  om hierdie dag so  suksesvol te maak.

Daar was weer twee groepe onder beoordeling (Merino en Dohne Merinos ) en 10 deelnemers het elk 8 ooi lam of 2 Tand ingeskryf , wat vooraf uitgesoek was op die plase.

Die Evaluering tussen deelnemers was baie sterk en die punte verskil tussen die ooie was min.

Die twee rasse was beoordeel deur Corne Nel ( BKB Bestuurder Vesels Westelike streek ) en het hom weereens goed gekwyt van sy taak. Die verwerking van die punte was gedoen deur Mnr. Jannie Fourie van NWKV – Caledon.

Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB was betrokke met die reelings en Gerhard Du Toit BKB Vesels Organiseerder in die streek het toegesien dat n privaat skeerspan van Bakoena n skeerdemonstrasie aangebied het. Die dag is afgesluit met n skaapspit wat almal baie geniet het.

Baie dankie aan al die borge, deelnemers en persone betrokke by die geleentheid, sonder julle sou so n dag nie moontlik wees nie.

Dohne Merinos

Algehele Wenner:

  1. Willie Kleinhans – Modderfontein, Stilbaai
  2. Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai
  3. Lourens Erasmus – Uitsig , Albertinia

Beste Ooi

  1. Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai

Beste Wol

  1. Willie Kleinhans – Modderfontein , Stilbaai

Beste Bouvorm

  1. Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai

 Beste Kortwol groep

 1. Willie Kleinhans – Modderfontein , Stilbaai

 Merinos

 Algehele Wenner

  1. Willie en Willem Oosthuizen – Moreson , Albertinia
  2. Andre De Jager – Swartklip , Albertinia
  3. Gus Du Toit – Grootfontein , Herold

Beste Ooi

  1. Andre De JagerSwartklip , Albertinia

Beste Wol

  1. Willie en Willem OosthuizenMoreson , Albertinia

Beste Bouvorm

  1. Willie en Willem OosthuizenMoreson , Albertinia

Beste Kortwol groep

  1. Andre De JagerSwartklip , Albertinia
Scroll to Top