George Landbouskou

Ons betrek kinders van alle ouderdomme met die primêre doel om ‘n affiniteit vir die landbou te kweek. Geleenthede word geskep vir skoolgaande kinders en jeugdiges om aan aktiwiteite deel te neem ten einde ‘n verskeidenheid vaardighede te ontwikkel en spanwerk aan te moedig. Ons jeugskou het streekstatus verwerf en ons vergroot die bywoningsgetalle deur leerlinge van groepe benadeeldes toe te laat om aan die geleentheid deel te neem.

Ons doel vir die jeugskou van 2020 is om kind en dier bymekaar te bring, om ons liefde en passie vir diere met hulle te deel. Net so om kinders by die kookkuns te betrek. Om hul passie en liefde vir kook te verbreed en om nuwe metodes te leer.

Aan die einde van die dag moet elke kind in staat wees om te sê: VANDAG HET EK IETS NUUTS GELEER EN DIT IS DIT WAT EK IN MY LEWE WIL DOEN

Christo Fourie

Vise-President

079 285 0337

vise-president@georgelandbouskou.co.za

Entertainment, Music
Farm Workers Competition
Stalls, Bar
Marketing

Scroll to Top