George Landbouskou

2025 Skou

Die perdeafdeling van die 2025 George Landbouskou het weereens glans en sukses beleef – nie net danksy die ryers en hul pragtige perde nie, maar veral deur die ruim harte van borge en vrywilligers wat hierdie afdeling só besonders gemaak het. ’n Hartlike woord van dank gaan aan Sanna Botha van Xcell Produkte vir die borgskap van die kampioenklasse, asook aan Tyla Radermacher van Horse ETC vir die ondersteuning van die springklasse. Sonder die gebruik van die springtoerusting, moontlik gemaak deur AJ Radermacher van Ebb and Flow Stables George, sou die kompetisie nie dieselfde flair gehad het nie. Die beoordelaars en werkers is ook bederf met heerlike eet- en drinkgoed, met dank aan Van Rensburgs Slaghuis vir die tee-tyd platter en geskenke, asook Spar vir platters. Mariska Oosthuizen van Outeniqua View Stables het verder bygedra met soet happies vir die beoordelaars, en het ook pryse vir vierde en vyfde plekke in elke klas moontlik gemaak. Die perdeafdeling spreek groot waardering uit teenoor AON vir ’n ruim borgskap van R4000 vir prysgeld, en Bargain Nursery wat die arena verfraai het met plante. Jakkals Events het gesorg dat die stalle blink en die arena mooi geverf en opgeknap is. Die wenners van die springklasse is regtig bederf, danksy Saddle Sheek wat elke eerste plek geborg het. Groot dank ook aan CFG vir hul ondersteuning van die kampioenskapklasse. Hierdie samewerking tussen borge, organisators en helpers is ’n bewys dat die perdeafdeling van die George Landbouskou nie net ’n kompetisie is nie, maar ’n gemeenskapsviering.

Dankbaarheid by Perdeafdeling van George Landbouskou 2025 Read More »

Die perdeafdeling van die George Landbouskou 2025 het hierdie jaar ruiters, eienaars en toeskouers bekoor met uitmuntende ruiterskap, vasberadenheid en die pragtige samewerking tussen perd en ruiter. Van springbane tot elegante gangperde, die kompetisie het getuig van hoë standaarde en groot passie. In die 40cm Jumping-item het Esmeralda Roux vir die eienaar Carla De Swardt die Groot Kampioenstitel ingepalm met haar perd Phoenix in ’n indrukwekkende tyd van 34.76 sekondes. Letazha Leeuwenaar op Rocking the Blues het die Reserwe Kampioen geword met ’n tyd van 40.36 sekondes. Die 60cm Jumping-titel is gewen deur Briana Grobler vir die eienaar Sandra Beetge op Diago (39.29 sekondes). Leeuwenaar en Rocking the Blues het ook hier sterk presteer en die Reserwe Kampioenstitel verower met ’n tyd van 40.45 sekondes en 4 faults. By die 80cm Jumping het Grobler weer haar slag gewys en saam met Phoenix (eienaar Carla De Swardt) die Groot Kampioenstitel gewen met 40.80 sekondes. Minki Barnard op Autum Glow het die Reserwe Kampioenstitel ingeneem met ’n tyd van 46.56 sekondes. Die gangperde-afdelings het ewe veel glans getoon. In die 3 Gang Saalperd Divisie is Tenika Adam vir die eienaar Sanna Botha van Hillside Stables op Ocksan Jacklyn gekroon as Groot Kampioen. Die Vlaam Divisie het aan Carmen Bakker op Riempie (eienaar Phillipus Kleinhans) die Groot Kampioenstitel besorg, terwyl Briana Grobler op Ivette die Reserwe Kampioen was. In die 3 Gang SA Boerperd het Piet Uys van Hoofbeat Stables in Swaziland met Hoofbeat Wildcat as Groot Kampioen geseëvier, en Esmeralda Roux op Nikka Landon die Reserwe Kampioenstitel ontvang. By die 3 Gang Ope Ryperd Adult het Crystal Venter met Leading Lady die Groot Kampioenstitel gewen. Marieke Conradie vir Adeltrots SA Boerperd Stoet het die Reserwe Kampioen met Harmonie Lelie geword. In die 5 Gang Saalperd-klas het Sanna Botha van Hillside Stables met Ocksan Jack’s Rox Star as Groot Kampioen uitgeblink, terwyl Tenika Adam op Tornado’s Legacy as Reserwe Kampioen gekroon is. Die 5 Gang SA Boerperd-afdeling het aan Michelle Coetzee van Homestead Stables die Groot Kampioenstitel besorg met haar perd Elevation Boeta Suidwesterwind. Die jong ruiters het ook hul merk gelaat: In die 3 Gang Ope Onder 18 het Carmen Bakker vir die eienaar Karen Lombaard met Jack Rabbit Groot Kampioen geword, en Madison O’Connel vir Adeltrots SA Boerperd Stoet met Samjak Brander die Reserwe Kampioen. Laastens het die indrukwekkende trekperde hul statigheid gewys. In die Heavy Draught Riding Horse-afdeling is Maritz Visser vir die eienaar Kayla Oosthuizen as Groot Kampioen gekroon op die pragtige Chief of Galax. Die perdeafdeling het nie net die hoë gehalte van teling en opleiding in die streek bevestig nie, maar ook die liefde en toewyding van ruiters en eienaars. Dit was ’n hoogtepunt van die George Landbouskou en ’n viering van perde van formaat.

Uitmuntende ruiterskap by George Landbouskou se perdeafdeling Read More »

Die Pluimvee-afdeling by die George Landbouskou het vanjaar weer gesorg vir kleur, pret en besonderse hoogtepunte. Vertoners en besoekers het dit eens gemaak dat die standaard uitsonderlik hoog was, en dat die wenners regtig iets besonders huis toe geneem het. Wenners van die dag Die kampioene het duidelik uitgestaan: Beste sagteveer grootras: Danie Gouws met sy Barred Plymouth Rock haan Beste hardeveer grootras: Hennie Haasbroek met ’n Black-red Old English Game haan Beste sagteveer bantam: John Cronje met sy Light Sussex hen Beste hardeveer bantam: Hennie Swart met ’n Wit Ko Shamu haan Beste egte bantam: Hennie Swart met sy Rooskam hen Beste hoender op skou: Hennie Swart met ’n Swart Rooskam hen Beste eend op skou: Eugene Schenk met ’n Wit Call Duck wyfie Beste gans op skou: Otto Steinhofel met ’n Chinese Gans wyfie Beste konyn op skou: Addi Longley-Taylor met ’n Flemish Giant 2de beste konyn op skou: Addi Longley-Taylor met ’n Silver Fox Geskiedenis is gemaak Buite die gewone kategorieë is daar vanjaar ’n ry indrukwekkende “eerste keer”-gebeurtenisse aangeteken wat die geskiedenis van pluimvee-uitstallings in Suid-Afrika verryk: Die eerste vertoning van ’n Lang-kraaier in Suid-Afrika, aangebied deur Eugene Schenk van Beaufort-Wes. Die eerste inskrywings van Dongxians, ’n Chinese hardeveer-ras, vertoon deur Edda Ortaev van George. Die eerste inskrywings van British Longtail Araucanas op die George Skou – moontlik selfs ’n Suid-Afrikaanse première – ook vertoon deur Ortaev. Eerste keer dat Dongxians beoordeel is deur ’n beoordelaar in Suid-Afrika, naamlik Hannes du Plessis van Hartenbos. Eerste beoordeling van British Longtail Araucanas deur dieselfde beoordelaar. Die enigste landbouskou in die land waar agt inheemse hoenderrasse saam vertoon is – Oudesmuts, Uilbaarde, Stompsterte, Kaalnekke, Venda, Herrero, SA Kamnekke en Owambo – alles vertoon deur George Smuts van Ladismith. En ’n spesiale hoogtepunt: eerste keer dat ’n buitelandse beoordelaar konyne beoordeel het by die George Skou. Jim Topham van Engeland het dié taak verrig. Dank aan borge en helpers So ’n afdeling staan nie sonder groot spanpoging nie. Die organiseerders het opregte dank uitgespreek aan al die borge en individue wat betrokke was. Mornay Smit vir hulp met die saal, braai-reëlings en verskeie praktiese bydraes. Eugene Schenk wat 15kg boerewors geskenk het vir die gesellige kuiers. Edda Ortaev vir die verskaffing van die hokke vir die kategorie-wenners. Cape Feed & Grain, SSK en Nova Voere vir voerborgskappe. Pieter Raath van George vir sy interessante uitstalling van wedvlugduiwe. William Boshoff van Wildernis vir die verskeidenheid sierduiwe. Nikki Kemp van Kaapstad vir die reëlings rondom die konynskou en beoordelaar. John Cronje van Stilbaai vir penlyste, beoordelingslyste en hokuitlegte. Tersia du Plessis van Hartenbos en haar span vir administrasie en plasing van pryslyste en rosette. Laastens is almal dit eens: sonder die vertoners self is daar geen skou nie. “Aan elkeen wat ingeskryf het – BAIE dankie! Julle maak die Pluimvee-afdeling van die George Landbouskou die besondere trekpleister wat dit is,” het die organiseerders gesê.

Pluimvee-afdeling van George Landbouskou vol hoogtepunte en eerste keer-prestasies Read More »

Die jaarlikse Merino en Dohne Merino Kudde Evaluering wat plaasgevind het tydens George skou op Vrydag die 29 Augustus 2025 was weereens n groot sukses gewees. Hierdie kudde dag is nou vir die 38 ste keer aangebied en dit was n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere. Ons is dankbaar vir die goeie ondersteuning van deelnemers en borge  om hierdie dag so  suksesvol te maak. Daar was weer twee groepe onder beoordeling (Merino en Dohne Merinos ) en 10 deelnemers het elk 8 ooi lam of 2 Tand ingeskryf , wat vooraf uitgesoek was op die plase. Die Evaluering tussen deelnemers was baie sterk en die punte verskil tussen die ooie was min. Die twee rasse was beoordeel deur Corne Nel ( BKB Bestuurder Vesels Westelike streek ) en het hom weereens goed gekwyt van sy taak. Die verwerking van die punte was gedoen deur Mnr. Jannie Fourie van NWKV – Caledon. Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB was betrokke met die reelings en Gerhard Du Toit BKB Vesels Organiseerder in die streek het toegesien dat n privaat skeerspan van Bakoena n skeerdemonstrasie aangebied het. Die dag is afgesluit met n skaapspit wat almal baie geniet het. Baie dankie aan al die borge, deelnemers en persone betrokke by die geleentheid, sonder julle sou so n dag nie moontlik wees nie. Dohne Merinos Algehele Wenner: Willie Kleinhans – Modderfontein, Stilbaai Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai Lourens Erasmus – Uitsig , Albertinia Beste Ooi Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai Beste Wol Willie Kleinhans – Modderfontein , Stilbaai Beste Bouvorm Petra en Thys Du Toit – Buffelsfontein , Mosselbaai  Beste Kortwol groep  1. Willie Kleinhans – Modderfontein , Stilbaai  Merinos  Algehele Wenner Willie en Willem Oosthuizen – Moreson , Albertinia Andre De Jager – Swartklip , Albertinia Gus Du Toit – Grootfontein , Herold Beste Ooi Andre De Jager – Swartklip , Albertinia Beste Wol Willie en Willem Oosthuizen – Moreson , Albertinia Beste Bouvorm Willie en Willem Oosthuizen – Moreson , Albertinia Beste Kortwol groep Andre De Jager – Swartklip , Albertinia

George Merino en Dohne Merino Kudde Evaluering 2025 uitslae Read More »

Die laaste week van Augustus het George weer eens laat bewe van opgewondenheid toe duisende mense die skougronde ingevaar het vir die 164ste George Landbouskou. Van 28 tot 30 Augustus het die dorp se hart geklop op die ritme van perdehoewe, musiek, gelag, en die geroep van veekampe. Dit was ’n naweek waar landbou, kultuur en gemeenskap soos altyd hand aan hand geloop het – ’n viering van alles wat die Suid-Kaap uniek maak. Die openingsdag het dadelik momentum gegee. Nog voordat die skougronde amptelik volgestroom het, het sakelui, boere en leiers reeds om die ontbyttafel vergader. Daar het die gerespekteerde ekonoom Dawie Roodt sy stem laat hoor. Sy insigte oor die ekonomie en landbousektor het nie net hoop en perspektief gebring nie, maar ook ’n gevoel van eenheid: die wete dat die uitdagings van vandag net saam oorkom kan word. Dit was die perfekte afskop vir ’n naweek wat sou wys hoe diep die wortels van samewerking en vernuwing in die streek lê. Soos altyd was die diere die ware sterre van die skou. Van die trots wat boere gevoel het toe hul Merino- en Dohne Merino-kuddes beoordeel is, tot die pluimvee-afdeling se ryke verskeidenheid – oral was daar tekens van toewyding en harde werk. Dit is hierdie oomblikke, tussen die skuurdeure en die stalletjies, waar ’n mens die hartklop van die Suid-Kaapse landbou regtig voel. Maar die skou was meer as net boerdery. In die perde-arena het ruiters hul vaardigheid en elegante perde hul krag ten toon gestel. Erfenis Plaas het gesinne laat glimlag, met kinders wat giggelend koeie gemelk en kalwers gevoer het. Dit was vir baie ’n eerste kennismaking met die plaaslewe – ’n eenvoudige maar kosbare ervaring wat lank sal bly hang. George Landbouskou het ook met trots die Jeugskou aangebied waar skole van regoor die Westelike Provinsie kom deelneem het. Die toekomstige boere en uitsallers is opgelei en touwys gemaak waarna hulle teen mekaar deelgeneem het. Sportliefhebbers is nie teleurgestel nie. Van padel tennis en karate tot kickboxing, Titan Fight Night en toutrek – die program het gewys dat die skou meer as net ’n boerefees is. Selfs skaak het sy plek gevind tussen die adrenalien, en rieldansers het die ritme van die Karoo en die platteland op die verhoog laat leef. Die sport is afgelsuit met die ovaalbaan kompetisie wat tot laat in die nag mense vermaak het. Teen Saterdagaand het die skou sy klimaks bereik. Toe die jong Suid-Afrikaanse sanger Elandré om 20:30 die verhoog betree, het die energie op die terrein net eenvoudig oorgeneem. Sy stem het oor die skougronde weerklink en die skare het saamgesing, saamgespring, saam gejubel. Dit was nie net ’n konsert nie – dit was ’n viering van gemeenskap, van saamwees. Tog, tussen die vermaak, sport en musiek, het die ware karakter van die George Landbouskou steeds deurskyn: dit is en bly ’n gesinsgebeurtenis. Jong en oud het oor die stalletjies gedwaal, handwerk en kuns bewonder, iets lekkers geëet en die geselskap van bure en vriende geniet. Die atmosfeer was deurdrenk van tradisie, maar met genoeg nuwe elemente om vars en verrassend te bly. Na 164 jaar bly die George Landbouskou nie net ’n kalendergebeurtenis nie – dit is ’n stuk lewende geskiedenis. Dit is die tweede oudste landbouskou in Suid-Afrika, en tog voel dit elke keer nuut wanneer die hekke oopmaak en die mense instroom. Hierdie jaar het dit weer bewys dat dit veel meer is as ’n skou; dit is ’n ontmoetingspunt van generasies, ’n fees van harde werk, kultuur en trots. En nou, terwyl die stof stadig gaan lê en die stalletjies leeg raak, bly daar een ding seker: die afwagting vir 2026 is reeds aan die bou. As die verlede enige aanduiding is, beloof dit om nóg groter, nóg beter en nóg onvergeetliker te wees.

George Landbouskou 2025: ’n Fees van Tradisie, Landbou en Gemeenskap Read More »

The George Agricultural Show is set to host an exciting new highlight this year – the Development Strongman Competition – taking place on Saturday, 30 August, at 3:00 pm. The event promises to be a crowd-puller, combining strength, determination, and plenty of fun as competitors put their muscles to the test. Both seasoned strongmen and enthusiastic novices are welcome to take part, making it an inclusive competition for anyone brave enough to step up to the challenge. “It’s all about having fun, supporting each other, and for a few moments, temporarily defying gravity by lifting heavy things,” the organisers said with a smile. The best part? There’s no entry fee to compete – participants simply need their valid entry ticket to the George Agricultural Show. Adding to the prestige of the event, the competition will be overseen by main judge Shane Jensen, a respected and experienced strongman in his own right. Spectators can expect an afternoon filled with camaraderie, entertainment, and some jaw-dropping displays of raw power. Whether you’re cheering from the stands or testing your own limits in the arena, the Strongman Competition is sure to be one of the most memorable events of this year’s show. Don’t miss it – Saturday, 30 August, at 3pm. See you there!

Strongman Competition Returns to Thrill at George Agricultural Show Read More »

Die glans en glorie van die George Landbouskou 2025 is Saterdag, 16 Augustus, bekroon met die aanwysing van die nuwe Skou Koningin. By ’n stylvolle gala-geleentheid het Chantelle Volschenk die kroon verower as die nuwe George Landbouskou Skou Koningin. Saam met haar is Belinda Stroebel as Eerste Prinses en Monique Kirsten as Tweede Prinses aangekondig. Die drie dames sal die komende jaar die gesig van die skou wees en ’n belangrike rol speel in die verteenwoordiging van die Landbouskou in die gemeenskap. Organiseerders het gesê dat die aand een van styl, trots en feesviering was, en die gehoor het die wenners luid toegejuig. “Ons is ongelooflik trots op Chantelle, Belinda en Monique. Hulle verteenwoordig die hart en gees van die George Landbouskou en ons sien uit na die jaar saam met hulle,” het die komitee laat weet. Die George Landbouskou, wat jaarliks duisende besoekers lok, bly een van die hoogtepunte op die Suid-Kaapse kalender en die verkiesing van die Skoukoningin  is altyd ’n hoogtepunt in die skouprogram.

Chantelle Volschenk gekroon as Koningin van George Landbouskou 2025 Read More »

GEORGE LANDBOUSKOU DANS 2025 SAVE THE DATE!!!!! Saterdag, 16 Augustus Agri-saal, George Skougronde Vanaf 18:00 Kom dans die vroeë lentekoue weg by die George Landbouskou Dans – ‘n aand vol musiek, energie en glans! Kroning van die Skoukoningin 2025 – wees daar om hierdie spesiale oomblik saam met ons te vier! Danskompetisies vir oud en jonk – bring daai dansskoene en wys wat jy kan doen op die vloer! Musiek. Liggies. Opwinding. Tradisie. Gemeenskap. Moet dit nie misloop nie! Kaartjies beskikbaar by die by die Skoukantoor. Navrae: Karien – 082 786 2814 #GeorgeSkou2025 #Landboudans #Skoukoningin #DansTotLaat

Skoudans 16 Augustus 2025 Read More »

Sluit aan by ons vir ‘n onvergeetlike aand met Elandré, ons hoofkunstenaar, op Saterdag, 30 Augustus om 20:00! Elandré is ‘n dinamiese Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, bekend vir sy kragtige stem en aansteeklike energie. Met treffers wat harte steel, beloof hierdie aand passie en pure vermaak. Moenie dit misloop nie! #georgelandbouskou2025 #ForTheLoveOfAgriculture #Elandré

Elandré – Saterdag aand 30 Augustus Read More »

Die George Landbouskou, wat in 2025 sy 165ste jaar vier, bly ’n hoogtepunt op die Wes-Kaapse landboukalender. Hierdie jaar beloof die Pluimvee Afdeling weer ’n lewendige en diverse uitstalling te wees, met klasse wat pluimvee, sierduiwe, wedvlugduiwe en moontlik konyne insluit. Alhoewel die opname van konyne onseker bly weens die nalatenskap van die hemorragiese haassiekte (RHDV2), is daar hoop dat die afdeling volledig kan voortgaan, aangesien geen nuwe gevalle in byna twee jaar aangemeld is nie. Kom ons verken wat hierdie afdeling vir besoekers en deelnemers inhou. Pluimvee: Die Hart van die Afdeling Die pluimveeklasse bly die kern van die afdeling, met ’n wye verskeidenheid rasse wat uitgestal word, van statige grootrasse tot bekoorlike bantams. In vorige jare is pryse toegeken aan uitblinkers soos die Beste Sagteveer Grootras en Beste Sagteveer Bantam, en 2025 sal geen uitsondering wees nie. Deelnemers word beoordeel op faktore soos veerkwaliteit, liggaamsbou en rasstandaarde, wat die toewyding van plaaslike telers aan genetiese uitnemendheid ten toon stel. Benewens hoenders sal watervoëls soos eende en ganse ook hul plek in die kollig hê, wat die diversiteit van die pluimveewêreld beklemtoon. Die afdeling bied ook ’n platform vir opvoeding, waar besoekers kan leer oor volhoubare pluimveeboerdery en die belangrikheid van bioveiligheid, veral in die lig van verpligte bioveiligheidsplanne wat vanaf 2025 in die sektor afgedwing word. Sierduiwe: Elegansie in Vere Sierduiwe bring ’n tikkie verfyning na die skou, met hul pragtige verekleed en unieke kleure. Hierdie voëls word nie net vir hul estetiese aantrekkingskrag gevier nie, maar ook vir die noukeurige teling wat nodig is om hul kenmerkende eienskappe te behou. Klasse sal waarskynlik rasse insluit soos die Fantail en die King Pigeon, wat beoordeel word op simmetrie, postuur en veerpatrone. Die sierduifafdeling is ’n gunsteling onder besoekers, wat die grasie en skoonheid van hierdie voëls bewonder, en dit bied ’n geleentheid vir entoesiaste om kennis te deel oor die versorging en teling van hierdie spesiale duiwe. Wedvlugduiwe: Spoed en Uithouvermoë Wedvlugduiwe voeg ’n dinamiese element toe aan die Pluimvee Afdeling. Hierdie voëls, wat geteel is vir spoed en navigasie, is die atlete van die voëlwêreld. Hoewel die George Landbouskou nie self wedvlugte aanbied nie, sal die klasse fokus op die beoordeling van fisieke eienskappe soos spierstruktuur, vlerkkrag en algehele gesondheid, wat deurslaggewend is vir sukses in wedvlugsport. Deelnemers sal ook hul prestasierekords kan vertoon, wat die toewyding en strategiese beplanning betrokke by hierdie sport beklemtoon. Ondanks vorige kommer oor regulasies rondom wedvlugduiwe, blyk dit dat vrystellings vir sulke aktiwiteite moontlik is, wat hierdie klas ’n welkome toevoeging maak. Konyne: Hoop Te Midde van Onsekerheid Die insluiting van konyne by die 2025-skou hang aan ’n syfer weens die impak van die hemorragiese haassiekte (RHDV2), wat sedert November 2022 verwoesting in Suid-Afrika gesaai het. Hierdie hoogs aansteeklike virus, wat vinnig deur direkte kontak en draers soos klere of vlieë versprei, het veral die bedreigde oewerkonyn en ander inheemse haasspesies geraak. Gelukkig is daar rede vir optimisme: geen nuwe gevalle is in byna twee jaar aangemeld nie, wat die moontlikheid van ’n konynafdeling oopmaak. As konyne wel uitgestal word, kan besoekers uitsien na pryse soos Beste Konyn op Skou en Reserwe Beste Konyn, soos in by die 2023-skou. Klasse sal fokus op rasstandaarde, pelskwaliteit en gesondheid, met streng bioveiligheidsmaatreëls om die veiligheid van diere en besoekers te verseker. Deelnemers word aangemoedig om met plaaslike veeartse te konsulteer oor entstowwe, wat beperk beskikbaar is, om risiko’s te minimaliseer. Vooruitblik en Hoop Die Pluimvee Afdeling by die 2025 George Landbouskou beloof om ’n viering van tradisie, innovasie en gemeenskapsgees te wees. Met ’n fokus op volhoubaarheid en dieregesondheid weerspieël die afdeling die veerkragtigheid van die plaaslike landbougemeenskap. Terwyl die lot van die konyne onseker bly, is die afwesigheid van nuwe siektegevalle ’n bemoedigende teken, en organiseerders bly hoopvol dat alle klasse kan voortgaan. Of jy nou ’n teler, ’n entoesias of bloot ’n liefhebber van diere is, hierdie afdeling bied iets vir almal. Kom ervaar die lewendige wêreld van pluimvee, sierduiwe, wedvlugduiwe en, hopelik, konyne by die 2025 George Landbouskou – ’n viering van die beste wat die Wes-Kaap te bied het.

Pluimvee Afdeling by die 2025 George Landbouskou: ‘n Viering van Veer en Vlug Read More »

Scroll to Top