George Landbouskou

Dankbaarheid by Perdeafdeling van George Landbouskou 2025

Die perdeafdeling van die 2025 George Landbouskou het weereens glans en sukses beleef – nie net danksy die ryers en hul pragtige perde nie, maar veral deur die ruim harte van borge en vrywilligers wat hierdie afdeling só besonders gemaak het.

’n Hartlike woord van dank gaan aan Sanna Botha van Xcell Produkte vir die borgskap van die kampioenklasse, asook aan Tyla Radermacher van Horse ETC vir die ondersteuning van die springklasse. Sonder die gebruik van die springtoerusting, moontlik gemaak deur AJ Radermacher van Ebb and Flow Stables George, sou die kompetisie nie dieselfde flair gehad het nie.

Die beoordelaars en werkers is ook bederf met heerlike eet- en drinkgoed, met dank aan Van Rensburgs Slaghuis vir die tee-tyd platter en geskenke, asook Spar vir platters. Mariska Oosthuizen van Outeniqua View Stables het verder bygedra met soet happies vir die beoordelaars, en het ook pryse vir vierde en vyfde plekke in elke klas moontlik gemaak.

Die perdeafdeling spreek groot waardering uit teenoor AON vir ’n ruim borgskap van R4000 vir prysgeld, en Bargain Nursery wat die arena verfraai het met plante. Jakkals Events het gesorg dat die stalle blink en die arena mooi geverf en opgeknap is.

Die wenners van die springklasse is regtig bederf, danksy Saddle Sheek wat elke eerste plek geborg het. Groot dank ook aan CFG vir hul ondersteuning van die kampioenskapklasse.

Hierdie samewerking tussen borge, organisators en helpers is ’n bewys dat die perdeafdeling van die George Landbouskou nie net ’n kompetisie is nie, maar ’n gemeenskapsviering.

Scroll to Top