Jacques Pozyn ontvang namens Mark Radermacher vir BESTE SAGTEVEER GROOTRAS OP SKOU. Shaun Simpson ontvang namens Genevieve Kushke vir RESERWE BESTE KONYN OP SKOU. Ferdi Alberts van George Landbouskou as koördineerder vir PLUIMVEE EN KONYNE. Hennie Swart ontvang prys vir BESTE SAGTEVEER BANTAM OP SKOU. Christiaan Smuts ontvang prys vir BESTE KONYN OP SKOU. Hans Greeff ontvang namens Schmidt Familie vir, BESTE EGTE BANTAM OP SKOU, BESTE HARDEVEER GROOTRAS OP SKOU, BESTE HARDEVEER BANTAM OP SKOU, BESTE WATERVOËL OP SKOU.
‘n Foto wat boekdele spreek loop die gesegde. Hierdie foto wat Saterdag middag tydens die jaarlikse skou van die George Landbouskou geneem is wys baie duidelik hoe baie mense die skou bygewoon het. Daar was nie meer ‘n gaatjie oop vir enige parkering nie en voertuie moes langs die lughawe pad gestop het om die skou te kon bywoon.

