George Landbouskou

George Lanbouskou

George se gewilde jaarlikse landbouskou keer terug van 28 tot 30 Augustus en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die kalender te wees vir boere, gesinne en alle belangstellendes in die landbousektor. Hierdie ikoniese skou bied iets vir almal – van besigheid tot vermaak en alles tussenin. George se gewilde jaarlikse landbouskou keer terug van 28 tot 30 Augustus en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die kalender te wees vir boere, gesinne en alle belangstellendes in die landbousektor. Hierdie ikoniese skou bied iets vir almal – van besigheid tot vermaak en alles tussenin. Hoogtepunte van die skou: Sakeontbyt met Dawie Roodt – Die skou skop op Donderdagoggend af met ‘n gesogte sakeontbyt waar die bekende ekonoom Dawie Roodt as gasspreker sal optree. Merk hierdie datum nou op jou kalender en moenie hierdie geleentheid misloop nie! Perdekompetisie – Die jaarlikse perdekompetisie vind plaas in die perde-arena en lok van die beste ruiters en perde in die streek. ‘n Moet-sien vir alle perdeliefhebbers! Beeste- en melkbeestekompetisie – In die beestent kan besoekers uitsien na ‘n indrukwekkende vertoning van beesrasse en melkbeeste, waar telers meeding om die beste van die beste te kroon. Skape-kompetisie – Die skaap-arena bied ‘n kompetisie vir skaapboere om hul beste diere ten toon te stel en deel te neem aan hierdie gesogte beoordeling. Stock Cars Saterdag – Op Saterdagaand is daar adrenaliengevulde aksie met die gewilde stock car-wedrenne. Maak gereed vir ‘n opwindende aand vol spoed en aksie! Musiek en vermaak – In die vermaaklikheidstent gaan daar ‘n magdom plaaslike en nasionale kunstenaars wees om besoekers te trakteer op topklas musiek en ‘n feestelike atmosfeer. Stalletjies en toerusting – Soos gewoonlik sal daar baie kosstalletjies wees, asook algemene en industriële stalletjies. Motors, trekkers en plaastoerusting sal ook te sien wees. Departement Landbou – Die Departement van Landbou sal soos gewoonlik ook teenwoordig wees om waardevolle inligting en advies te verskaf. Hierdie is ‘n skou wat jy nie wil misloop nie! Bring jou gesin en vriende vir ‘n naweek vol landbou, besigheid en pret. Ons sien jou daar!  

Maak gereed vir die jaarlikse George Landbouskou! Read More »

You and your dog can be part of the FUN DOG SHOW. A FAMILY EVENT FILLED WITH WAGGING TAILS. You and your dog can be part of the FUN DOG SHOW. A FAMILY EVENT FILLED WITH WAGGING TAILS.   SATURDAY 31 AUGUST Arena A 09:00 – 12:00 Agility Dog Show Get ready to leap into excitement with the ultimate fur-flying spectacle at this year’s George Landbouskou. Featuring a variety of jump heights for all dog breeds and sizes, from tiny terriers to leaping Labradors.   SUNDAY 1 SEPTEMBER Area A FROM 9AM – Dog Competition Categories : Canine Beauty Pageant – the cutest puppy, best crossbreed, Best rescue, Best Golden Oldie, Best dressed Team, Perkiest ears and Happiest Wag A FAMILY EVENT FILLED WITH WAGGING TAILS. THE MINUTE-TO-WIN-IT TRICK SHOWDOWN – Best puppy, best child handler and best adult handler Come Watch! Kry jou kaartjies by www.georgelandbouskou.co.za

Fun Dog Show Read More »

Die George Landbouskou, wat plaasvind van 29 Augustus tot 1 September 2024, beloof om vanjaar ‘n spesiale treffer te wees met die insluiting van Swaar Trekperde (Heavy Draught Horses) wat in hul eie klasse deelneem. Hierdie indrukwekkende perde, bekend vir hul krag en uithouvermoë, sal besoekers die geleentheid gee om hul wonderlike vermoëns te bewonder. Een van die hoogtepunte van die vertoning is die perde-trekkompetisie. Hier sal die perde hul krag en samewerking met hul drywers demonstreer terwyl hulle swaar vragte oor ‘n bepaalde afstand trek. Hierdie kompetisie is nie net ‘n toets van die perde se fisiese vermoëns nie, maar ook van die band tussen perd en mens. Nog ‘n opwindende gebeurtenis is die hindernisbaan vir trekperde. Hierdie uitdagende kompetisie vereis dat die perde en hul drywers verskeie hindernisse oorwin, wat hul behendigheid en spanwerk op die proef stel. Dit is ‘n skouspel wat nie gemis moet word nie en beloof om besoekers op die punte van hul sitplekke te hou. Die George Landbouskou is ‘n belangrike gebeurtenis op die landbou kalender, en die insluiting van swaar trekperde sal beslis bydra tot die opwinding en afwagting. Maak seker dat jy hierdie jaar se skou bywoon om hierdie majestueuse diere in aksie te sien en deel te wees van ‘n onvergeetlike ervaring.

Swaar Trekperde by George Landbouskou Read More »

George, 9 July 2024 – An outbreak of foot-and-mouth disease (FMD) has struck the Eastern Cape, leading to significant disruptions for the upcoming George Agricultural Show scheduled for the end of August. This marks the second time in four years that the region has faced threats of FMD outbreak, once again affecting the participation of split-hoofed species at the event. During a board meeting held on Monday, 8 July 2024, the George Agricultural Show board made the difficult decision to exclude all cloven-hoofed animals from this year’s show. This decision means that beef cattle, dairy cattle, sheep, and goats will not be showcased at the event. This precaution is aimed at preventing the spread of the disease and ensuring the safety of all participants and attendees. “The health and safety of our livestock and the agricultural community are our top priorities,” stated Corné Botha, President of the George Agricultural Show board. “Given the recent outbreak, it is crucial that we take all necessary measures to prevent any further spread of foot-and-mouth disease.” To enhance biosecurity measures, several precautions will be implemented during the show: – Disinfection of Vehicle Tyres: All vehicles entering the showgrounds will have their tyres disinfected. – Footbaths with Disinfectant: Footbaths will be placed at all pedestrian entrances to the showgrounds to ensure that footwear is properly sanitized before entry. Fortunately, the horses and poultry departments remain unaffected by the outbreak and will participate in the show as planned. This decision provides some relief to organizers and attendees, ensuring that these popular exhibits can still be enjoyed. Foot-and-mouth disease is a highly contagious viral disease that affects cloven-hoofed animals, causing fever, blisters, and lesions in the mouth and on the feet. The disease can lead to significant economic losses in the agricultural sector due to decreased productivity and trade restrictions. Local farmers and exhibitors have expressed their disappointment but understand the necessity of these measures. “While it’s disappointing to miss out on showcasing our livestock, we fully support the decision to prioritize animal health and safety,” said a local farmer who planned to participate in the show. The George Agricultural Show is a vital event for the agricultural community, providing a platform for farmers to display their livestock, share knowledge, and engage with the public. Despite the setback, organizers remain optimistic and are committed to delivering a successful and safe event for all attendees. As the situation evolves, further updates will be provided by the George Agricultural Show board and local authorities. The agricultural community is urged to remain vigilant and adhere to biosecurity protocols to mitigate the spread of foot-and-mouth disease. For more information and updates on the George Agricultural Show, please visit the official website or contact the show organizers directly.

Foot-and-Mouth Disease Outbreak Impacts George Agricultural Show Again Read More »

PLUIMVEE 2024: Kom kyk gerus tydens die George Landbouskou na die pluimvee afdeling. Behalwe vir die groot verskeidenheid hoenders wat ten toon gestel gaan word is daar ook ‘n groot hoeveelheid SIERDUIWE en POSDUIWE wat vanjaar ook by die skou ten toon gestel gaan word. Sien jou by die 2024 George Landbouskou wat plaasvind vanaf Donderdag 29 Augustus tot Sondag 1 September 2024.

Sierduiwe by skou Read More »

THE GEORGE AGRICULTURAL SHOW PROUDLY PRESENTS: THE DANCE OFF CHAMPIONSHIPS… THE PURPOSE of the CHAMPIONSHIPS is to provide an elevated platform for those exceptional young dancers in the Garden Route to gain more experience; to help them push themselves harder, and to help them strive for a more polished performance with even better technique; encouraging them to work to their highest possible standards. There will be 2 rounds to choose our best 2 dancers from each category. The top 2 will move on to the final round of the Championships that will be taking place on the show grounds in front of our 3 judges. THE REQUIREMENTS Competitors must perform 1 routine of choice from the following categories. Contemporary Jazz Modern Lyrical Musical Theatre Ballet Acrobatics HipHop AGE GROUPS 7 and under 12 and under 16 and under 18 and under OPENING DATE FOR ENTRIES:16 July 2024 CLOSING DATE FOR ENTRIES 1 August 2024 eNTRY fORM FOR dANCE cOMPETITION MUSIC REQUIREMENTS A HIGH-QUALITY,  PROFESSIONAL recording of each candidates music ‘will be required. The music be cut to the correct length of maximum 2 minutes and it start and end at the correct place, Music to sent through via WhatsApp to 0835083772 in mpg format ONLY.This must be done at the time of registering or by the Latest, 1 week prior to the competition date, Each dance item must be correctly titled: USB: A COPY Of music must available on USB in unlikely event Of a problem With Computer upload on day VIDEO REQUIREMENTS for those entering ONLINE Each dance item must be correctly titled. A HIGH QUALITY PROFESSIONAL of each candidate’s dances will be required. One video per dancer. Videos to be sent via WhatsApp to 0835083772 in mp4 format ONLY. This must done at the time of registering or by the latest 1 week prior to the competition. Date of the FIRST Round:  Saturday 3 August 2024Venue : Motion Arts Academy112 Merriman Street, George, 6530 Dancers will be notified via personal message if they will go through to the second round. If you have not received a response within 5 days after the first round, please know that you have unfortunately not be chosen to compete in the finals. Date of the SECOND Round:  Friday 16 August 2024Venue : George Showgrounds

Dance Competition Read More »

Is jy die volgende Skou Koningin? Is jy tussen die ouderdom van 18 en 28? Moenie die geleentheid mis om as 2024 se Skou Koningin gekroon te word nie! Registreer nou en staan ‘n kans om in September aan die Gold Talent International Showcase deel te neem.  Datum: 16 Augustus 2024 Inskrywing sluit: 20 Julie 2024 Kontak Mariette vir meer inligting: 083 618 2115 Skoukonigin Inskrywingsvorm Skoukoningin 2024 Inskrywing Deelnemers moet teenwoordig kan wees tydens die George Landbouskou van 29 Augustus tot 1 September 2024. Skryf gerus in indien jy ongetroud is en tussen 17 tot 27 jaar oud is. Die kroning van die 2024 Skou Koningin vind plaas tydens ons skou dans op Vrydag 18 Augustus 2023 Hoe om in te skryf en deel te neem. Vul die vorm in hieronder – voor 20 Julie 2023 Die Skouraad ontvang jou inskrywing en kontroleer of jy kwalifiseer vir die kompetisie. Almal wat dan kwalifiseer, word uitgenooi vir onderhoude met die Skouraad. Die Top 5 word aanlyn geplaas waar die publiek geleentheid kry om deel te neem aan die verkiesing van die Top3. Die Top 5 finaliste gaan dan deur na die Kroning van die Skou Koningin. Die kroning van die 2024 Skoukoningin  vind plaas tydens ons Skoudans wat op Vrydag 16 Augustus plaasvind.

Skou Koningin Read More »

Kom besoek ons by “Die Stalle” Familie-mark op die 13de Julie 2024 op die R102 Lughawepad te George Skougronde. Ons gaan ‘n verskeidenheid pluimvee verkoop. Van top skougehalte en ook kommersiële hoenders. Kos stalletjies, “car boot sale”, vars produkte en vele meer! Sien julle daar! Diegene wat aansoek wil doen vir ‘n kos-stalletjie, of vir “car boot sales” of kuns-/handewerk, skryf in so gou moontlik vir die mark wat saam die lewende hawe se verkope gaan wees. Kontak Ferdi: 079 206 3535 Johann Verster: 082 774 8432 of die skou kantoor : +27 44 873 4165 www.georgelandbouskou.co.za Show Application Die Stalle Family Market Application forms: General Stalls R250 Car boot sales R250 Food stalls R500 ‼️No commission payable on sales VAT EXCLUDED Aansoekvorms: Algemene stalletjies R250 “Car boot sales” R250 Kos-stalletjies R500 ‼️Geen kommissie op verkope is betaalbaar nie BTW UITGESLUIT

“Die Stalle” Familie-mark Read More »

Christo van der Rheede Tema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners Datum: 29ste Augustus 2024 (Donderdag)Tyd: 09h00Lokaal: Landbou Skou GrondeR220 PP8 per tafelTema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-AfrikanersKry nou jou kaartjie by : https://bit.ly/2024sakeontbyt Biografie: Christo van der Rheede is n boorling van ‘n Morawiese Sendingstasie genaamd Goedverwacht naby Piketberg. Hier ontvang hy sy laerskool opleiding en ontwikkel ‘n intense belangstelling in kerk-, klassieke en jazz musiek. Hy verwerf later ‘n Graad-8 Royal School sertifikaat in klavier en sang en speel ook trompet. Hy kwalifiseer as musiekonderwyser aan die eertydse Belville Kollege vir Onderwysopleiding. Hy tree tot die onderwys toe in 1986 in Elsiesrivier en word later aangestel as prinsipaal aan die Laerskool Silversands te Blue Downs. Hy verwerf ook later ‘n BA graad in Sielkunde Tale aan die Universiteit Wes-Kaapland en sit sy studies voort aan die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool en en Skool vir Publieke Leierskap waar hy ekonomie, finansiele rekeningkunde, risikobestuur, algemene bestuur, bemarking en publieke beleid en leierskap studeer. Hy verwerf ook ‘n Honneursgraad en Magistergraad in Publieke Administrasie en Leierskap. Hy tree toe tot die privaatsektor in 2005 en word in verskeie UItvoerende Hoof poste aangestel. Onder andere as die Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, Agri SA en die FW de Klerk Stigting. Hy dien op verskeie direksies van verskeie organisasies soos die KKNK, ATKV, Casidra en AgriSeta en dien as Adjunk-Professor aan die Universiteit Vrystaat se Skool vir Ekonomiese Wetenskappe. Christo is toegewyd tot die ontwikkeling van ons land en strewe daarna dat ons grondwetlike demokrasie ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners.

Sake Ontbyt saam met Christo van der Rheede Read More »

Die jaarlikse George Landbouskou is weer op hande en beloof ‘n naweek propvol opwinding, vermaak, en landbou-avontuur vir die hele gesin! Wanneer: 30 & 31 Augustus 2024 Waar: George Landbouskou, George Die koel weer van Lente maak plek vir die warmte van geselligheid en die George Landbouskou is die perfekte plek om dit te ervaar. Die volgende wag vir jou: Musiekvertonings: Word betower deur die stemme van Armand Hofmeyr op Vrydagaand, 30 Augustus, en Riaan Benade op Saterdagaand, 31 Augustus 2024. Ons het ook ons “Oppie Stoep” kunstenaars wat deur die dag optree. Dierevertonings: Bewonder pragtige beeste, perde, en hondeskou wat wys hoe trots ons is op ons landbou-erfenis. Ovaltrack Vermaak: Op Saterdagaand, 31 Augustus, brul die enjinne op die ovaltrack terwyl jy die opwinding van die wedrenne beleef! Stalletjies: Proe ‘n verskeidenheid van heerlike kos by ons kosstalletjies en ontdek ‘n wye reeks produkte by ons gewone stalletjies. Uitstallers: Vir die liefhebbers van motors, trekkers, en implemente, is daar ‘n wonderlike geleentheid om nuwe en gebruikte items te ontdek by ons uitsallers. Kaartjies: Koop nou jou kaartjies en maak gereed vir ‘n onvergeetlike naweek vol vertonings, pret, en lekker kos by die 2024 George Landbouskou! Maak jou naweek spesiaal saam met ons by die 2024 George Landbouskou! Koop vandag jou kaartjies en mis nie hierdie opwindende geleentheid nie. Sien jou daar!

Ontdek die Hoogtepunte van die 2024 George Landbouskou! Read More »

Scroll to Top