George Landbouskou

georgelandbouskouadmin

Is jy die volgende Skou Koningin? Is jy tussen die ouderdom van 18 en 28? Moenie die geleentheid mis om as 2024 se Skou Koningin gekroon te word nie! Registreer nou en staan ‘n kans om in September aan die Gold Talent International Showcase deel te neem.  Datum: 16 Augustus 2024 Inskrywing sluit: 20 Julie 2024 Kontak Mariette vir meer inligting: 083 618 2115 Skoukonigin Inskrywingsvorm Skoukoningin 2024 Inskrywing Deelnemers moet teenwoordig kan wees tydens die George Landbouskou van 29 Augustus tot 1 September 2024. Skryf gerus in indien jy ongetroud is en tussen 17 tot 27 jaar oud is. Die kroning van die 2024 Skou Koningin vind plaas tydens ons skou dans op Vrydag 18 Augustus 2023 Hoe om in te skryf en deel te neem. Vul die vorm in hieronder – voor 20 Julie 2023 Die Skouraad ontvang jou inskrywing en kontroleer of jy kwalifiseer vir die kompetisie. Almal wat dan kwalifiseer, word uitgenooi vir onderhoude met die Skouraad. Die Top 5 word aanlyn geplaas waar die publiek geleentheid kry om deel te neem aan die verkiesing van die Top3. Die Top 5 finaliste gaan dan deur na die Kroning van die Skou Koningin. Die kroning van die 2024 Skoukoningin  vind plaas tydens ons Skoudans wat op Vrydag 16 Augustus plaasvind.

Skou Koningin Read More »

Kom besoek ons by “Die Stalle” Familie-mark op die 13de Julie 2024 op die R102 Lughawepad te George Skougronde. Ons gaan ‘n verskeidenheid pluimvee verkoop. Van top skougehalte en ook kommersiële hoenders. Kos stalletjies, “car boot sale”, vars produkte en vele meer! Sien julle daar! Diegene wat aansoek wil doen vir ‘n kos-stalletjie, of vir “car boot sales” of kuns-/handewerk, skryf in so gou moontlik vir die mark wat saam die lewende hawe se verkope gaan wees. Kontak Ferdi: 079 206 3535 Johann Verster: 082 774 8432 of die skou kantoor : +27 44 873 4165 www.georgelandbouskou.co.za Show Application Die Stalle Family Market Application forms: General Stalls R250 Car boot sales R250 Food stalls R500 ‼️No commission payable on sales VAT EXCLUDED Aansoekvorms: Algemene stalletjies R250 “Car boot sales” R250 Kos-stalletjies R500 ‼️Geen kommissie op verkope is betaalbaar nie BTW UITGESLUIT

“Die Stalle” Familie-mark Read More »

Christo van der Rheede Tema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners Datum: 29ste Augustus 2024 (Donderdag)Tyd: 09h00Lokaal: Landbou Skou GrondeR220 PP8 per tafelTema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-AfrikanersKry nou jou kaartjie by : https://bit.ly/2024sakeontbyt Biografie: Christo van der Rheede is n boorling van ‘n Morawiese Sendingstasie genaamd Goedverwacht naby Piketberg. Hier ontvang hy sy laerskool opleiding en ontwikkel ‘n intense belangstelling in kerk-, klassieke en jazz musiek. Hy verwerf later ‘n Graad-8 Royal School sertifikaat in klavier en sang en speel ook trompet. Hy kwalifiseer as musiekonderwyser aan die eertydse Belville Kollege vir Onderwysopleiding. Hy tree tot die onderwys toe in 1986 in Elsiesrivier en word later aangestel as prinsipaal aan die Laerskool Silversands te Blue Downs. Hy verwerf ook later ‘n BA graad in Sielkunde Tale aan die Universiteit Wes-Kaapland en sit sy studies voort aan die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool en en Skool vir Publieke Leierskap waar hy ekonomie, finansiele rekeningkunde, risikobestuur, algemene bestuur, bemarking en publieke beleid en leierskap studeer. Hy verwerf ook ‘n Honneursgraad en Magistergraad in Publieke Administrasie en Leierskap. Hy tree toe tot die privaatsektor in 2005 en word in verskeie UItvoerende Hoof poste aangestel. Onder andere as die Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, Agri SA en die FW de Klerk Stigting. Hy dien op verskeie direksies van verskeie organisasies soos die KKNK, ATKV, Casidra en AgriSeta en dien as Adjunk-Professor aan die Universiteit Vrystaat se Skool vir Ekonomiese Wetenskappe. Christo is toegewyd tot die ontwikkeling van ons land en strewe daarna dat ons grondwetlike demokrasie ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners.

Sake Ontbyt saam met Christo van der Rheede Read More »

Kom ervaar en geniet die Jaarlikse Skoudans en Kroning van die Skou Koningin! Datum: Vrydagaand, 16 Augustus 2024 Plek: Skougronde, George. Dit is tyd vir ‘n onvergeetlike aand vol dans, musiek en verrassings! Sluit aan by ons vir die jaarlikse Skoudans en Kroning van die Skou Koningin op Vrydagaand, 16 Augustus 2024. Musiek deur die ongelooflike Johan Brooks sal die aand laat leef met ritme en vreugde! Geniet ‘n heerlike ete wat voorsien word terwyl jy die dansvloer verower en ons skouspelagtige kandidate ondersteun. Mis nie hierdie glansgeleentheid nie! Sien jou daar! #Skoudans #KroningVanDieKoningin #Musiek #JohanBrooks #NaweekPlezier

SKOUDANS! SAVE THE DATE! Read More »

Die jaarlikse George Landbouskou is weer op hande en beloof ‘n naweek propvol opwinding, vermaak, en landbou-avontuur vir die hele gesin! Wanneer: 30 & 31 Augustus 2024 Waar: George Landbouskou, George Die koel weer van Lente maak plek vir die warmte van geselligheid en die George Landbouskou is die perfekte plek om dit te ervaar. Die volgende wag vir jou: Musiekvertonings: Word betower deur die stemme van Armand Hofmeyr op Vrydagaand, 30 Augustus, en Riaan Benade op Saterdagaand, 31 Augustus 2024. Ons het ook ons “Oppie Stoep” kunstenaars wat deur die dag optree. Dierevertonings: Bewonder pragtige beeste, perde, en hondeskou wat wys hoe trots ons is op ons landbou-erfenis. Ovaltrack Vermaak: Op Saterdagaand, 31 Augustus, brul die enjinne op die ovaltrack terwyl jy die opwinding van die wedrenne beleef! Stalletjies: Proe ‘n verskeidenheid van heerlike kos by ons kosstalletjies en ontdek ‘n wye reeks produkte by ons gewone stalletjies. Uitstallers: Vir die liefhebbers van motors, trekkers, en implemente, is daar ‘n wonderlike geleentheid om nuwe en gebruikte items te ontdek by ons uitsallers. Kaartjies: Koop nou jou kaartjies en maak gereed vir ‘n onvergeetlike naweek vol vertonings, pret, en lekker kos by die 2024 George Landbouskou! Maak jou naweek spesiaal saam met ons by die 2024 George Landbouskou! Koop vandag jou kaartjies en mis nie hierdie opwindende geleentheid nie. Sien jou daar!

Ontdek die Hoogtepunte van die 2024 George Landbouskou! Read More »

Die jaarlikse George Merino en Dohne Merinos Kudde Evaluering vind plaas op Vrydag die 30 Augustus om 10.00 Hierdie dag word vir die 38 ste jaar aangebied en wat n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om hierdie dag so goed te ondersteun. Die dag word gereel deur BKB in samewerking met NWKV – Caledon, wat elke kliënt die dag van die nuutste inligting voorsien rakende sy skaap boerdery om maksimum potensiaal te bereik, bespreek. Daar sal vanjaar 10 deelnemers van regoor die streek wat 8 ooi lam of 2 Tand ooie bring om ge – evalueer te word. Die woleienskappe soos Kwaliteit , Egaligheid , Olie , Lengte asook Onderlyne van elke ooi word bespreek en gepunt . Bouvorm eienskappe soos Kop , Voorkwart , Middellyf , Agterkwart , Bene , Vroulikheid asook Eenvormigheid word bespreek en gepunt. Hierdie dag word afgesluit met n skeerdemonstrasie 14.30 deur die privaat skeerspan van Bakoena te Riversdal wat Gerhard du Toit BKB Vesels Organiseerder gereel word.

Skape program 2024 Skou Read More »

Het jy al jou stalletjie bespreek vir die 2024 skou? Listed below are the stalls with their sizes. We also have an extra tent this here called inside general below wit stalls that are 6 x 3 m. STALL AREA SIZE MAIN EXHIBITION AREA (Indoor) Stall nr. 1-14,16,17,19-38,41-45, 48-52, and 55-60 Stall nr 15 and 18 Stall nrs 39,40,46,47,53 and 54 (Corners) (Trading from two sides.)     3m X 3m 5m X 7m 3m X 3m OUTSIDE FOOD Main Food Court (limited space) 6m X 6m OUTSIDE FOOD General 6m x 6m OUTSIDE GENERAL 6m x 6m INSIDE GENERAL 3M X 6M OUTSIDE CAR DEALERS ±20m x 15m OUTSIDE B Industrial & Agricultural ±20m x 15m OUTSIDE C Industrial & Agricultural ±10m x 10m CATTLE TENT 3m x 3m CHEESE & WINE 3m x 3m Laai nou die aansoek vorm af en bepreek! 2024 Skou Stalletjie aansoek

Get ready for 2024 show Read More »

SEDGEFIELD, [26 November 2023] – George Landbouskou: Pluimvee, onder die bekwame leiding van Ferdi Alberts, bring opwindende nuus vir alle pluimvee-, konyne- en sierduif-entoesiaste in die Tuinroete-distrik en die Suidkaap. Op ‘n innoverende inisiatief deur Ferdi Alberts, sal daar elke Saterdag ‘n opwindende uitstalling en tentoonstelling van hierdie pragtige pluimvee en konyne plaasvind by die befaamde Wildoats Farmers Market te Sedgefield, van 8 uur tot 12 uur. Hierdie inisiatief is ‘n baanbreker vir die George Landbouskou en vorm ‘n hoogs verwelkomende toevoeging tot die reeds indrukwekkende Wild Oats Community Market. Besoekers kan uitsien na ‘n skouspelagtige vertoning van pluimvee, konyne, en sierduiwe, wat die grootste landbou plaasmark van sy soort in die hele Tuinroete-distrik en Suidkaap nóg unieker maak. Vanuit die oogpunt van George Landbouskou, lê die kern van hierdie inisiatief daarin om die skou-gemeenskap uit te brei en die belangstelling in pluimvee, konyne, en sierduiwe aan te wakker onder die breë publiek. Hierdie weeklikse vertonings dien ook as ‘n kragtige bemarkings-platform vir George Landbouskou, waarmee hulle ‘n nuwe gehoor kan bereik, elke Saterdag wanneer besoekers die Wildoats Farmers Market aandoen. Vir die deelnemers aan die vertonings bied hierdie geleentheid ‘n unieke kans om hul pluimvee, konyne, en sierduiwe ten toon te stel en direk aan die publiek te verkoop. Hierdie markplatform maak dit makliker vir vertoners om potensiële kopers aan te trek en hul ondernemings of stokperdjies finansieel te ondersteun. Hierdie vorm van direkte bemarking en verkoop is ‘n welkome bydrae in ‘n wêreld waar kundige kennis hoog in tel is en waar entrepreneurs hul passies kan nastreef temidde van ‘n veeleisende ekonomiese klimaat. Die George Landbouskou:Pluimvee by Wild Oats Community Market belowe om ‘n opwindende en leersame ervaring vir besoekers en deelnemers te wees, en is bestem om ‘n gevestigde hoogtepunt te word in die Tuinroete landboukalender.

George Landbouskou Pluimvee maak sy Debuut by Wild Oats Community Market Read More »

Kaas en Wyn: ‘n reuse sukses Die Kaas en Wyn-saal, wat onlangs deel  van die George Landbou Skou, was ‘n groot sukses gewees, en ons wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die Skouraad vir hierdie wonderlike geleentheid. Hierdie jaar se Kaas en Wyn-saal het uitgestaan as ‘n hoogtepunt van die skou, en dit was duidelik dat daar hard gewerk is om dit ‘n sukses te maak. Die stalletjiehouers was veral tevrede met die uitleg van die saal en het geen negatiewe opmerkings gehad nie. Die opmaak van die saal het ‘n pragtige atmosfeer geskep, en almal was dit eens dat dit ‘n groot pluspunt was. Die saal het ‘n professionele atmosfeer geskep wat besoekers beïndruk het. Die saal met die hoof vertoning-arena het ook bygedra tot die sukses van die Kaas en Wyn-saal. Dit het ‘n perfekte agtergrond geskep vir die uitstallers om hul produkte te wys en het besoekers aangetrek. Een van die opvallende kenmerke van die skou was die geleenthede wat vir entrepreneurs gebied is. Verskeie uitstallers het tydens die skou nuwe geleenthede gesien en dit onder die aandag van die organiseerders gebring. Daar is ook ‘n voorstel gemaak om die kombuisgedeelte aktief te gebruik om stalhouers die geleentheid te gee om produkte aan te bied in die vorm van platters, wat hul verkope sou verhoog en die saal ‘n gesellige kuierplek maak. Die Sondag van die skou was veral suksesvol, en die meeste stalhouers was besig op daardie dag. Dit het bewys dat dit ‘n goeie besluit was om die skou vir ‘n tweede dag aan te bied. Ons wil ook ons waardering uitspreek vir die harde werk van Shanley, Dino, en Reagan wat die saal skoon en netjies gehou het. Julle het ‘n groot bydrae gelewer aan die sukses van die Kaas en Wyn-saal. Dankie ook aan Cornè, Karien, en William, wat uitgeblink het in hul plig om die skou so ‘n groot sukses te maak. Ons wil ook Jan-Hendrik en sy span bedank vir hul bereidheid om te help wanneer daar kragprobleme ontstaan het. Julle was altyd beskikbaar en het die geleentheid se vlot verloop verseker. Die gesondheidsinspekteur het ‘n oog op alles gehou en het gelukkig nie enige ontwrigting veroorsaak nie. Die George Landbou Skou het nie net ‘n platform vir die uitstalling van produkte gebied nie, maar dit het ook nuwe vriendskappe en idees gebore. Die persone betrokke by hierdie geleentheid is passievol oor hul besighede en bring ‘n rykdom aan kennis en ervaring na die tafel. In ‘n neutedop, die Kaas en Wyn-saal by die George Landbou Skou was ‘n groot sukses, en ons sien uit na die volgende jaar se geleentheid om weer saam te kom en die landbou- en sakewêreld te vie

Kaas en wyn Read More »

George Show 2023 Sport Festival: A Resounding Success The George Show 2023 Sport Festival proved to be an outstanding success, bringing together athletes, officials, and enthusiasts for a thrilling showcase of sporting prowess. The event was made possible by the generous support of various organizations, and the organizers extend their gratitude to those who contributed to its success. The Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS) played a pivotal role by allocating funds, ensuring that the event had the necessary resources to flourish. The George Skougenootskap’s assistance in facilitating the entrance for athletes and officials, providing medals, and offering access to equipment and venues was instrumental in making the festival a grand success. Boxing & Kickboxing: Chayse Norris Takes the LeadChayse Norris spearheaded the Boxing and Kickboxing events at the festival, contributing to its success. While detailed reports are pending, initial impressions suggest that these events were well-received. The organizers express their gratitude to all athletes and officials who contributed to the success of these sports. Chess: Pravin Meyer’s Strategic MovesPravin Meyer, the Chairperson for Chess, delivered a comprehensive report and attendance registers, showcasing the strategic and competitive nature of this mind-sport. The organizers extend their thanks to Mr. Meyer for his valuable contributions to the festival. Stock-cars: Antoinette Lotz Drives ExcitementDespite a lack of a detailed report, the Stock-cars event, led by Antoinette Lotz, left an indelible mark on the festival. Attendance registers indicate a vibrant turnout, and it’s evident that the event was yet another thrilling spectacle for motorsport enthusiasts. Toutrek: Tug of War Takes Center StageB. Barnard, the driving force behind Toutrek (Tug of War), expressed gratitude for the opportunity to include this exciting sport in the festival once again. Although circumstances prevented hosting a prestige event, a development event featuring two special schools and two primary schools saw the participation of 69 youth athletes. The joyous atmosphere of athletes pulling against each other, coupled with valuable training, showcased the inclusivity and community spirit inherent in sports. The organizers express their heartfelt appreciation to DCAS and George Skougenootskap for their unwavering support, enabling the promotion of Tug of War and fostering the development of future world-class athletes. Anita Barnard, the driving force behind Toutrek, extended her thanks to all who contributed to making the event a resounding success. For further inquiries, please contact:Anita BarnardPhone: 0826808405 We  look forward to building on this success in future editions, continuing to bring the community together through the celebration of sport.

Sport Read More »

Scroll to Top