George Landbouskou

Sake Ontbyt saam met Christo van der Rheede

Christo van der Rheede
Tema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners

Datum:
29ste Augustus 2024 (Donderdag)
Tyd: 09h00
Lokaal: Landbou Skou Gronde
R220 PP
8 per tafel
Tema: Ons Grondwetlike Demokrasie, ons enigste hoop mits dit ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners
Kry nou jou kaartjie by : https://bit.ly/2024sakeontbyt

Biografie:
Christo van der Rheede is n boorling van ‘n Morawiese Sendingstasie genaamd Goedverwacht naby Piketberg. Hier ontvang hy sy laerskool opleiding en ontwikkel ‘n intense belangstelling in kerk-, klassieke en jazz musiek. Hy verwerf later ‘n Graad-8 Royal School sertifikaat in klavier en sang en speel ook trompet. Hy kwalifiseer as musiekonderwyser aan die eertydse Belville Kollege vir Onderwysopleiding. Hy tree tot die onderwys toe in 1986 in Elsiesrivier en word later aangestel as prinsipaal aan die Laerskool Silversands te Blue Downs. Hy verwerf ook later ‘n BA graad in Sielkunde Tale aan die Universiteit Wes-Kaapland en sit sy studies voort aan die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool en en Skool vir Publieke Leierskap waar hy ekonomie, finansiele rekeningkunde, risikobestuur, algemene bestuur, bemarking en publieke beleid en leierskap studeer. Hy verwerf ook ‘n Honneursgraad en Magistergraad in Publieke Administrasie en Leierskap. Hy tree toe tot die privaatsektor in 2005 en word in verskeie UItvoerende Hoof poste aangestel. Onder andere as die Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, Agri SA en die FW de Klerk Stigting. Hy dien op verskeie direksies van verskeie organisasies soos die KKNK, ATKV, Casidra en AgriSeta en dien as Adjunk-Professor aan die Universiteit Vrystaat se Skool vir Ekonomiese Wetenskappe. Christo is toegewyd tot die ontwikkeling van ons land en strewe daarna dat ons grondwetlike demokrasie ‘n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners.

Scroll to Top