George Landbouskou

George Lanbouskou

Die George Gebedsnetwerk het op Saterdag 22 Oktober ‘n aanbiddings pieniek in samewerking met die George Landbouskou aangebied. Die 3 groepe gebedsintersessors is na Voëlklip gestuur om daar in te tree in aanbidding vir die baie hë aantal selfdood gevalle wat die laaste tyd by Voëlklip gebeur het. Terwyl die groepe by Voëlklip was daar lewendige Worship musiek by die skougronde. Alhoewel dit baie koud was met ‘n koue suid-ooster wat gewaai het en met bewolkte weer, was daar ongeveer 150 mense wat die geleentheid bygewoon het.

Voëlklip Aaanbiddings Pieniek Read More »

Ons hele lewensverhaal is een van mededinging en kompetering. Baie mense het vermoëns van die liewe HERE ontvang wat hulle mededingend en kompeterend maak, maar ongelukkig is daar mense wat nie hierdie vermoë of gawe ontvang het nie, wat GOD alleen verstaan. Ons kyk maklik verby hierdie mense, maar oor verskillende redes, wat kan wissel van selfsug tot bloot onoplettenheid of bloot omstandighede. Een van ons 4 beoordelaars het egter iemand wat nie hierdie vermoëns ontvang het nie, opgemerk en ‘n plan gemaak om vir hierdie persoon ook ‘n prys te gee. Een van die groot rosette was verkeerd gedruk en ‘n stuk is afgeknip wat net gelees het, “BESTE”. Hy het dit toe op Heyn Lourens se hok gehang wat sy boschvelder kom skou het. Heyn wat verstandelik gestrem is, is egter gewillig en passievol en het tydens die duur van die skou water en kos gegee, met groot ywer. Glo my, Heyn se dag was gemaak met hierdie rosset en moontlik sal dit een van die groot hoogtepunte in sy lewe wees. …MAAR…, KOM ONS VERTEL DIT HIERDIE KEER

DIE MOOI VERHAAL WAT NIE VERTEL WORD NIE, MAAR… Read More »

Die George Landbouskou bied elke jaar verskeie sport aktiwiteite aan tydens die jaarlikse skou. Anita Barnard is die komiteelid wat ditelke jaar baie suksesvol dryf en vanjaar wasdit weer so. Bodybuilding, kragman, skaak en natuurlik ovaltrack wasvan die sportsoorte wat in 2022 aangbied was.

Sport 2023 Skou Read More »

Die George Outenique skou wat vanjaar weer na 2 jaar as gevolg van Covid  aangebied kon word, was weereens ń groot sukses gewees. Hierdie dag was ook vir die 36 ste keer aangebied en wat ń wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om onder moeilike omstandighede hierdie dag so goed te ondersteun. Daar was weer twee groepe onder beoordeling ( Merinos en Dohne Merinos) en 9 deelnemers het elk 8 ooie lam of 2 Tand ingeskryf wat vooraf uitgesoek was op plase. Die kompetisie tussen deelnemers was vanjaar baie sterk en die punte verskil was min tussen die ooie. Die Dohnes was beoordeel deur Corne Nel BKB Bestuurder Vesels Sentrale Streek van Beaufort – Wes en die Merinos beoordeel deur Giepie Calldo van BKB. Die verwerking van punte was deur Jannie Fourie NWKV – Caledon gedoen. Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB Mosselbaai / Riversdal het gehelp met reëlings en Gerhard Du Toit  BKB Vesels Organiseerder in streek toegesien dat privaat skeerspan ń suksesvolle skeerdemonstrasie kon aanbied die dag afgesluit wat almal baie geniet het. Die uitslae was soos volg: Merinos Algehele Wenner: 1. Elri De Jager – Swartklip, Alberinia. 2. Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold. 3. Cavert Barkhuizen – Aorta Bdy. , Noll. Beste Ooi : Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold. Beste Wol : Gus du Toit Jnr. – Grootfontein , Herold. Beste Bouvorm : Elri De Jager – Swartklip , Albertinia. Beste Kortwol groep: Elri De Jager – Swartklip , Albertinia. Beste Vordering : Cavert Barkhuizen – Aorta Bdy. , Noll. Dohnes Merinos Algehele Wenner : 1. ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai. 2. Henry Meyer – Pleasant View , Hartenbos. 3. Gerrit Grobler – Droogevalley , Albertinia. Beste Ooi : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai. Beste Wol : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai. Beste Bouvorm : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai. Beste Kortwol groep : ILza Pienaar – Kleinberg , Mosselbaai. Beste Vordering : Henry Meyer – Pleasant View , Hartenbos. Baie dankie aan al die borge, deelnemers en persone betrokke wat gehelp het om hierdie dag so groot sukses te maak.

Skaap Kompetisie Read More »

Jacques Pozyn ontvang namens Mark Radermacher vir BESTE SAGTEVEER GROOTRAS OP SKOU. Shaun Simpson ontvang namens Genevieve Kushke vir RESERWE BESTE KONYN OP SKOU. Ferdi Alberts van George Landbouskou as koördineerder vir PLUIMVEE EN KONYNE. Hennie Swart ontvang prys vir BESTE SAGTEVEER BANTAM OP SKOU. Christiaan Smuts ontvang prys vir BESTE KONYN OP SKOU. Hans Greeff ontvang namens Schmidt Familie vir, BESTE EGTE BANTAM OP SKOU, BESTE HARDEVEER GROOTRAS OP SKOU, BESTE HARDEVEER BANTAM OP SKOU, BESTE WATERVOËL OP SKOU.

Pluimvee Wenners Read More »

‘n Foto wat boekdele spreek loop die gesegde. Hierdie foto wat Saterdag middag tydens die jaarlikse skou van die George Landbouskou geneem is wys baie duidelik hoe baie mense die skou bygewoon het. Daar was nie meer ‘n gaatjie oop vir enige parkering nie en voertuie moes langs die lughawe pad gestop het om die skou te kon bywoon.

Skou 2022 Read More »

Scroll to Top